Frederik VII van Denemarke

Frederik VII
Koning van Denemarke
Portret deur August Schiøtt, 1848-'63.
Portret deur August Schiøtt, 1848-'63.
Tydperk 20 Januarie 184815 November 1863
Voorganger Christiaan VIII
Opvolger Christiaan IX
Huis Oldenburg
Vrou Vilhelmine Marie van Denemarke
Mariane van Mecklenburg-Strelitz
Louise Rasmussen
Vader Christiaan VIII
Moeder Hertogin Charlotte Frederica van Mecklenburg-Schwerin
Gebore (1808-10-06)6 Oktober 1808, Kopenhagen
Oorlede 15 November 1863 (op 55), Glücksburg

Frederik VII (6 Oktober 1808 - 15 November 1863) was van 1848 tot 1863 koning van Denemarke. Hy was die laaste monarg van die ouer koninklike tak van die Huis van Oldenburg en ook die laaste monarg met absolute mag. Hy het ’n grondwet onderteken vir die daarstelling van ’n Deense parlement, waarna die land ’n konstitusionele monargie geword het. Sy leuse was "Die volk se liefde, my krag".[1]

  1. "Frederik VII, Konge af Danmark" (in Deens). Salmonsens konversationsleksikon. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Oktober 2016. Besoek op 15 Augustus 2016.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search